Patentreg moet waai – VSA

Amerika het sy steun toegesê aan die kwytskelding van intellektuele eiendomsreg vir Covid-19 entstowwe. Suid-Afrika en Indië het heel eerste ‘n beroep op medisynevervaardigers gedoen om afstand te doen van hulle regte en so die weg te baan vir die verhoogde produksie van entstowwe. ‘n Amerikaanse handelsverteenwoordiger, Katherine Tai, sê die buitengewone omstandighede van die pandemie vereis buitengewone maatreëls. Amerika gaan nou aan onderhandelings by die Wêreldhandelsorganisasie deelneem om te help om die kwytskelding te bewerkstellig. Die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie,Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê dit is ‘n reuse-stap in die stryd teen Covid-19.