KZN-paaie het amper R6 miljard se skade

Die Suid-Afrikaanse vervoerminister, Fikile Mbalula, sê dit sal sowat 5,7 miljard Suid-Afrikaanse rand kos om munisipale en provinsiale paaie in KwaZulu-Natal te herstel. Swaar reën het omvattende skade in die provinsie veroorsaak en gelei tot die dood van meer as 440 mense terwyl eiendom en infrastruktuur verwoes is. Mbalula sê die provinsiale regering se geskatte syfer sal nagegaan word: