Tiener vermoor vyf by dagsorg in Brasilië

Vyf mense is dood nadat ‘n tiener by ‘n dagsorgsentrum in Saudades in die suide van Brasilië ingebreek en drie kinders en twee werknemers gesteek het. Die polisie het die verdagte oorweldig en hospitaal toe geneem nadat hy homself na bewering om die lewe probeer bring het. Volgens berigte is talle ander kinders ook in die hospitaal opgeneem. Die polisie sê hulle wil nie bespiegel oor die rede vir die dodelike aanval nie.