Motor sal ry op sonpanele wat deur wynetiket-drukker gedruk is
Wetenskaplikes in Australië toets gedrukte sonpanele – letterlik gedruk met ‘n drukker wat etikette vir wynbottels druk – wat hulle sal gebruik om ‘n Tesla elektriese motor aan te dryf op ‘n reis van 15 100 kilometer wat in September begin. Die Charge Around Australia-projek sal ‘n Tesla elektriese voertuig aandryf met 18 van die span se gedrukte plastieksonpanele, elk 18 meter lank, wat hulle langs die voertuig sal uitrol om sonlig op te vang en die motor te herlaai. Die gedrukte sonpanele is liggewig, gelamineerde PET-plastiekpanele wat teen ‘n koste van minder as 10 Amerikaanse dollar per vierkante meter gemaak kan word.