Verrassingsparty vir verjaardag lei to N$6,6m skadevergoeding

 ‘n Amerikaanse hof het ‘n bedrag van 6,6 miljoen Namibiese dollar toegeken aan ‘n man van Kentucky nadat hy ‘n angsaanval gekry het tydens ‘n verrassingsverjaarsdagpartytjie by die werk. Kevin Berling het sy bestuurder by Gravity Diagnostics aangesê om weens sy angsversteuring nie vir hom ‘n partytjie te reël nie. Die kantoor het sy waarskuwing ignoreer en Berling is daar weg, wat uiteindelik gelei het tot die beëindiging van sy kontrak. Die jurie het Gravity Diagnostics skuldig bevind aan diskriminasie, maar die maatskappy sê Berling is ontslaan weens gewelddadige gedrag.