Rusland se vlagskip vaartuig, Moskva, sink
Internasionale nuusagentskappe berig dat ontploffings vroeër vanoggend in die Oekraïnse hoofstad Kiëf gehoor is, die eerste sedert Russiese troepe die gebied verlaat het. Intussen het Rusland se vlagskip oorlogsvaartuig in die Swart-see, die Moskva, gesink. Die vaartuig was uiters belangrik vir Rusland se vloot in daardie gebied. Rusland sê ammunisie het op die vaartuig ontplof wat ‘n vuur veroorsaak het maar, die Oekraïne sê sy weermag het die skip geteiken met missiele. Die Russiese vloot was besig om die skip na die hawe te sleep toe hy sink.