Minister van binnelandse sake maan oor reisregulasies na die VK

Daar was gevalle van Namibiërs wat na die Brittanje wou reis, maar geweier is. Vandag in die Nasionale Vergadering het die parlementêre hoofsweep van die PDM, Vipua Muharukua, die minister van binnelandse sake Albert Kawana gevra om die situasie te verduidelik, omdat van hierdie mense so ver gaan as om vliegtuigkaartjies te koop, net om by die lughawe afgekeur te word. Kawana het gesê die voorwaardes word duidelik gestipuleer.