Skieter by New Yorkse treinstasie nog op vrye voet
Verskeie mense is vandag geskiet en 13 mense is beseer by ‘n moltreinstasie in New York waar die polisie ploftoestelle gevind het. Die voorval het in spitstyd in ‘n duikweg by ‘n treinstasie in Brooklyn gebeur. Volgens internasionale media is agt mense geskiet. Die polisie sê geen van die ploftoestelle is aktief nie en hulle is nog op die spoor van die verdagte.