Shiimi se waarneming in Jooste-pos ‘n logiese stap

‘n Namibiese ekonoom sê President Hage Geingob se aanstelling van die minister van finansies, Ipumbu Shiimi, as waarnemende minister van openbare staatsondernemings, is ‘n logiese stap. Dit volg nadat die voormalige minister van staatsondernemings, Leon Jooste, bedank het. Shiimi sal vir ses maande as die hoof van die ministerie van staatsondernemings waarneem om die oorgang na die fìnansiesministerie vlot te laat verloop. Ekonoom Robert McGregor verduidelik.