Nóg steun van Brittanje vir Oekraïne
Die Britse eerste minister, Boris Johnson, het hom by ‘n groot groep Europese leiers aangesluit wat Oekraïne steun. Hy het gister na Kiëf gereis vir ontmoetings met President Volidimir Zelensky. Johnson het meer militêre hulp beloof, insluitend 120 pantservoertuie en nuwe teen-skeepsmissielstelsels. Hy het ook ‘n bykomende agt miljard Namibiese dollar in lenings van die Wêreldbank beloof. Dit het Brittanje se totale leningswaarborge tot 20 miljard dollar laat toeneem. Die Europese Unie en Brittanje het ook hulle ekonomiese sankies teen Rusland verskerp.