Akkerbouraad sê oor koring, suiker
Die vraag na koring in die meeste lande regoor die wêreld, insluitend Namibië, is aan die toeneem as gevolg van die Rusland-Oekraïne-oorlog en het daartoe gelei dat pryse van koringprodukte gestyg het. Kosmos 94.1 Nuus gesels met Gilbert Mulonda, die Namibiese Akkerbouraad se bestuurder vir akkerbou en tuinbou oor koringproduksie in die land. Die graan kort koue en water en Namibië is nie werklike gepas daarvoor nie maar, die Akkerbouraad het nog nie opgegee nie.
Intussen is Namibië ook uitgelewer in die voorsiening van suiker wat ingevoer word. Tekorte het die prys met 20 persent laat styg. Mulonda sê daar is moontlikhede vir plaaslike suikerverbouing maar, daar is nie op die oomblik enige planne daarvoor nie.