Net sewe kinders is in die Zambezi-streek ingeënt

Die Zambezi-streek se onderwysdirekteur, Jost Kawana, sê skole in die streek is nie gereed vir nóg ‘n Covid-uitbreking nie, aangesien slegs sewe kinders tussen die ouderdomme van 12 en 17 teen 3 April ingeënt is. Kawana was aan die woord tydens die amptelike bekendstelling van die Covid-skool-inentingsveldtog wat by die Mayuni Senior Sekondêre Skool in die Kongola-kiesafdeling gehou is. Die veldtog, wat vir ses maande duur, het ten doel om leerders, onderwysers, skoolrade en ouers op te voed oor die voordele van Covid-inenting. Kawana het ‘n beroep op leerders wat kwalifiseer om hul Covid-inenting te kry.