Faf en Lood verlaat Sale Sharks

Die Springbokke Faf de Klerk en Lood de Jager verlaat aan die einde van die seisoen die Engelse Premierskap-span Sale Sharks. De Klerk het 95 keer vir die klub uitgedraf en met 14 drieë en 39 doelskoppe geslaag. De Jager wat ná die 2019-Wêreldbeker by die klub aangesluit het, het 25 keer vir die klub gespeel en drie drieë gedruk. Sale Sharks sê albei spelers het die afgelope vyf jaar ‘n groot bydrae by die klub gelewer.