NSA: Namibië se handel verbeter in 2021
Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap het Namibië se totale handel in 2021 aansienlik verbeter met 14,4 persent tot 165,9 miljard Namibiese dollar vergeleke met 145 miljard dollar wat in 2020 aangeteken is. Uitvoere het met 7,3 persent tot 68,3 miljard dollar toegeneem vanaf 63,7 miljard dollar in 2020. Invoere het met 20 persent toegeneem tot 97,6 miljard dollar teenoor 81,3 miljard dollar in 2020. Namibië het ‘n handelstekort van 29,3 miljard dollar gedurende 2021 aangeteken teenoor 17,7 miljard in 2020. Namibiese ekonoom Cheryl Emvula verduidelik.