Ru-olie beweeg opwaarts

Internasionale nuusagentskappe berig dat ru-olie tans nader aan 67 Amerikaanse doller verhandel soos vertroue in aanvraag groei. Daar was vroeër kommer oor Indië, die vierde grootste invoerder van ru-olie ter wêreld, met sy ongekende tweede vlaag van Covid-infeksies. Maar, die wêreld se grootste verbruikers, wat China en die VSA insluit, vorder baie goed met inentings, so ook in die Midde-Ooste en Europa. Verbruikers hier en in Suid-Afrika het nie ‘n styging in die brandstofpryse in Mei gehad nie omdat ru-olie rondom die 65 Amerikaanse doller vlak verhandel het en die Suid-Afrikaanse rand was bestendig teen die Amerikaanse doller.