Werk in SA – jeug suip aan agterspeen

Die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap sê hy is bekommerd oor die onlangse kwartaallikse arbeidsmagopname van Statistiek Suid-Afrika wat ‘n toename van 35,3 persent toon in Suid-Afrika se werkloosheidsyfer. Die voorsitter, Asanda Luwaca, sê die syfers dui daarop die werkloosheidsyfer is aansienlik hoër vir jongmense tussen 15- en 34-jaar-oud, teen 36,1 persent in vergelyking met volwassenes. Sy sê die agentskap stel strategieë in om die vermindering van werkloosheid, ongelykheid en armoede onder die jeug te verseker…