Tugstappe teen Smith op 18 April

Will Smith het ‘n versoek geweier om die Oscars-seremonie te verlaat nadat hy die aanbieder Chris Rock geklap het, het Hollywood se filmakademie gesê. Die akademie het ook bevestig dat die proses om stappe teen hom te neem begin het. Dit kan moontlik lei tot die wenner van die beste akteur-toekenning se skorsing uit die groep. Skorsing, uitsetting of ander sanksies kan op die volgende raadsvergadering op 18 April goedgekeur word.