TransNamib kry lening van N$2,6 miljard by DBN, DBSA
Die Ontwikkelingsbank van Namibië en dié van Suider-Arika het ‘n lening van 2,6 miljard Namibiese dollar aan TransNamib toegestaan. Volgens ‘n verklaring van die Ontwikkelingsbank van Namibië sal TransNamib die lening aanwend vir die hervervaardiging van voorraad, asook die verkryging van nuwe voorraad, die modernisering van die TransNamib-werkswinkel en die opgradering van seintoerusting, insluitend onderdele en verwante toerusting. Tydens die 2019-beleggingsberaad in Windhoek, het die DBN en DBSA gesamentlik 8 miljard Namibiese dollar belowe vir infrastruktuur-ontwikkeling in Namibië. Onder hierdie was die belofte van sowat 2,6 miljard dollar aan TransNamib.