Numsa gaan staking voor Paasnaweek in bus-sektor begin

Die metaalwerkersvakbond Numsa gaan waarskynlik kort voor die Paas-langnaweek met ‘n staking in die bus-sektor begin. Die vakbond het ‘n beroep op sy lede gedoen vir wat lyk soos ‘n algehele staking in die bedryf. Die vakbond se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle het vroeër die maand ‘n sertifikaat om te staak bekom en sal hou by die kennisperiode van 30 dae.