KZN se opkomende boere word bygestaan
Die eThekwini-munisipaliteit in KwaZulu-Natal het trekkers gekoop om die plaaslike boeregemeenskap te ondersteun. Opkomende boere kan dit gratis gebruik, as deel van pogings om aandag te gee aan die uitdagings wat die vooruitgang van opkomende boere beperk. Die metro se landbou-ekologie-eenheid bestuur die gratis trekkerhuur-onderneming. ‘n Woordvoerder van die munisipaliteit, Msawakhe Mayisela, sê verskeie koöperasies het reeds voordeel getrek uit die skema, veral tydens die deurslaggewende oestyd: