Crisp vies oor 80 000 entstowwe wat vernietig moet word

Die Suid-Afrikaanse gesondheidsdepartement het aangekondig duisende dosisse verstrykte Pfizer-entstof gaan aan die einde van die maand vernietig word. Die waarnemende direkteur-generaal van die nasonale departement, Nicholas Crisp, sê dit is ongelukkig dat broodnodige entstof vernietig moet word omdat dit nie betyds aangewend kon word nie. Crisp sê dit is ‘n kans wat verlore gegaan het om mense ‘n weerstand teen die koronavirus te gee:

Namibië is in Desember verlede jaar genoodsaak om net meer as 154 000 inentings te vernietig omdat dit of verval het of aan hitte blootgestel is.