SA het sukses met beleggingsbeloftes

President Cyril Ramaphosa het sy vertroue uitgespreek in Suid-Afrika se vermoë om beleggings te lok. Hy het gister die vierde Suid-Afrikaanse Beleggingskonferensie in Sandton toegespreek. Die geleentheid is daarop gemik om die land aan alle beleggers te verkoop. Ramaphosa sê die teiken is vir die land om binne vyf jaar 1,2 miljard Suid-Afrikaanse rand se beleggings in te samel. Hy sê saam met die beleggings van die afgelope drie jaar, staan die beloftes nou op 1,14 miljard rand.