Brand by Opuwo-hospitaal is gou geblus

‘n Brand wat by die bystand-kragopwekker by die Opuwo-staatshospitaal uitgebreek het, is onder beheer gebring. Die brand is deur hospitaalwekers, die Namibiese polisie, die Opuwo-brandweer en Nored geblus. Volgens die uitvoerende direkteur in die gesondheidsministerie, Ben Nangombe, het die brand nie versprei nie en skade aan die hospitaal verrig nie. Niemand is in die voorval beseer nie. Die oorsaak van die brand word ondersoek. Nored het die kragopwekker vervang.