Naledi Pandor bestudeer eers hofbevel oor R50 miljoen aan Kuba
Die Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Naledi Pandor, sê sy neem kennis van die tussentydse bevel wat in die hooggeregshof in Pretoria toegestaan is en wat die inwerkingstelling van 50 miljoen rand se humanitêre hulp aan die Republiek van Kuba, vir eers terughou. Die hof het dié bevel gister aan AfriForum toegestaan. Pandor sê die department win tans ‘n regsmening in, vóór die volgende hofdatum oor 20 dae.