SA-weermag maak April in Mosambiek klaar

Suid-Afrika se militêre verbintenis tot die Suider-Afrika-Ontwikkelingsgemeenskap se sending in Mosambiek is verleng tot middel April. President Cyril Ramaphosa het dit aan die Parlement bekendgemaak in ‘n brief aan die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula. Die ontplooiing van 1 495 soldate gaan steeds deel vorm van die streek se magte wat teen insypelaars in die noorde van Mosambiek veg. Daar word berig Suid-Afrikaanse militêre personeel het verlede Julie die eerste keer in die land aangekom en die ontplooiing is in Oktober met drie maande verleng.