67% wil verbod op plastieksakke in Namibië hê

Namibiërs het oor die algemeen kommer oor toenemende besoedeling en rommel in die land. In die jongste Afrobarometer peiling sê 67 persent van respondente dat besoedeling in die land ‘n ernstige kwessie is. Windhoek het reeds in Julie 2017 sy status as Afrika se skoonste stad verloor as gevolg van owerhede se onvermoë om afvalbestuur doeltreffend toe te pas. Afrobarometer sê 29 persent van die respondente sê rommel wat rondlê dra die meeste by tot besoedeling terwyl 17 persent meen dat menslike afval riviere en damme besoedel. Twee-derdes wil hê dat die regering ‘n totale verbod op plastieksakke moet instel met 60 persent wat meen dit is inwoners se verantwoordelikheid om besoedeling te verminder.