Suid-Afrikaanse Inkomstediens: Sommige belastingbetalers bedrieg

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het die afgelope jaar daarin geslaag om byna 50 miljard rand aan agterstallige belasting in te vorder. Kommissaris Edward Kieswetter sê hoewel die meerderheid van die land se belastingbetalers hul skuld betyds betaal probeer baie ander om die agentskap te bedrieg. Hy sê die diens het die afgelope twee jaar baie gevalle gesien van belastingbetalers wat bedrieglike belasting-opgawes ingedien het vir uitgawes terwyl hulle van die huis af gewerk het. Ons korrespondent in die Kaapstad, Fritz Platt ….