Nasionale Teater van Namibië soek vryskutwerkers

Die Nasionale Teater van Namibië is op soek na professionele persone om by hul databasis van vryskutwerkers te voeg. Dit is om kundigheid in die teater- en regstreekse vermaaklikheidsbedryf te bevorder en te verbeter. Aspirant Namibiese vryskutwerkers wat 20 jaar en ouer is, vaardig in Engels en enige plaaslike taal is, met ervaring in teater en regstreekse geleenthede, word versoek om aanlyn aansoek te doen, via die teater se webwerf. Die sluitingsdatum 29 April 2022. Die skakelbeampte van die teater, Desiree Mentor, het meer inligting.