Wes-Kaap kry Agri-op-wiele-verwerkingsprojek

Die Wes-Kaapse LUR vir landbou, Ivan Meyer, het die departement se mobiele Agri-op-wiele-verwerkingsprojek by die Genesis-sakespilpunt in Vredenburg bekend gestel. Meyer sê die projek is ‘n eerste vir Suid-Afrika. Dit bestaan uit ‘n mobiele eenheid waar vleis-, vrugte- en groenteverwerking aan landboukundiges gedemonstreer kan word. Meyer sê die projek het ten doel om agri-verwerkings-ondernemings in staat te stel om te floreer, meer werk te skep en ‘n dinamiese landelike ekonomie te bou