Zambezirivier se vlak bly styg, Okavangorivier daal

Die Hidrologiese Dienste van Namibië maan dat die Zambezirivier by Katima Mulilo steeds besig is om te styg en het vanoggend op 2,57 meter gestaan wat bo-normaal is. Die Okavangorivier se vlak het met twee sentimeter by Rundu gedaal en staan nou op 5,25 meter wat nog steeds hoër is as die ooreenstemmende tyd verlede jaar. Wat die Suide-riviere betref, was die Oranjerivier se vlak vanoggend by die Noordoewer-brug 3,28 meter en by Blouputs 1,88 meter.