SA begroting: Maatskaplike toelae styg met R90 in April

Die Suid-Afrikaanse regering het aangekondig toelaes vir bejaardes, oorlogsveterane, ongeskiktheid en sorg-afhanklikheid styg in April met 90 rand en in Oktober met ‘n verdere 10 rand. Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het met vandag se begrotingsrede aangekondig alle toelaes sal met ingang van April verhoog. Die maatskaplike verligtingstoelaag, of Covid-toelaag soos wat dit bekend staan, is met twaalf maande verleng. Hy sê meer as 46 persent van Suid-Afrikaners ontvang toelaes.