Covid-positiewe koers staan op slegs twee persent

Die Namibiese gesondheidsministerie het 24 nuwe Covid-gevalle uit 1 226 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van twee persent verteenwoordig. In die groep is nege leerders van verskillende skole. Daar is nou 2 604 aktiewe gevalle, waarvan 52 pasiënte in hospitale is en drie in hoësorgeenhede. Altesaam 371 391 persone is ten volle ingeënt. Die adjunk-minister van gesondheid, dr. Esther Muinjangue, gee die jongste statistieke.