SA wynbedryf vra vir goeie oordeel in begrotingsrede

Suid-Afrikaanse wynboere en kelders het die afgelope jaar een van die duurste produksiejare beleef en vra daarom die regering om goeie oordeel aan die dag te lê in volgende week se begrotingsrede. Die besturende direkteur van die wynbemarkingsmaatskappy Vinpro, Rico Basson, sê die wynbedryf dra jaarliks 55 miljard rand by tot die bruto binnelandse produk. Hy sê gesien in die lig van die ernstige finansiële situasie waarin die bedryf hom in die tyd na Covid-19 bevind, moet finansiële maatreëls ingestel word om bestendigheid te bevorder.