Duitsers reageer weer op ‘gesteelde grond’

Die voorsitter van die Forum vir Duitssprekende Namibiërs, Harald Hecht, het gereageer op Nudo se verklaring dat Duitse Namibiërs grond sonder vergoeding in Namibië bekom het. Hul verklaring volg op ‘n ander jeug- en aktivisgroep wat ook beweer dat Namibiërs van Duitse afkoms nie grond wettig in die land bekom het nie. Hecht sê betrokkenes moet liewer dialoog voer.

Hecht sê die gesamentlike ooreenkoms tussen Namibië en Duitsland moet nie heeltemal geïgnoreer word nie.