Johannesburg ervaar dieselfde wanbetalings as Tshwane

Die burgemeester van Johannesburg, Mpho Phalatse, sê die metro ervaar dieselfde wanbetalingsuitdagings as die Stad Tshwane. Phalatse het gepraat oor Tshwane se veldtog om die elektrisiteitstoevoer na sakeondernemings en staatsdepartemente wat nie betaal nie, af te sny. Sy sê Johannesburg het sy eie, soortgelyke veldtog, met die doel om diegene wat aan die metro geld skuld, te rehabiliteer.