DA vra oudit vir leerders se vervoerkontrakte

Die DA in Noordwes het die LUR vir gemeenskapsveiligheid en vervoerbestuur, Sello Lehari, skriftelik versoek om ‘n dringende, onaangekondigde provinsiale oudit van kontrakte vir die vervoer van leerders te doen. Daar is groeiende kommer oor die padwaardigheid van busse, veiligheid en betroubaarheid, ná ‘n oorsig deur lede van die provinsiale wetgewer oor skoolgereedheid en die toestand van vervoerdienste vir leerders. Freddy Sonakile van die DA sê die oudit moet insluit die werklike aantal dienste wat leerders in die provinsie vervoer.