SA Windenergie sê hernubare krag gaan duisende werksgeleenthede skep

Die bekendstelling van meer hernubare bronne in Suid-Afrika se toekomstige energiemengsel sal ‘n groot rol speel in die vermindering van die land se algehele koolstofvrystellings. Dit is volgens die SA Windenergie-vereniging, wat sê dat hernubare energie, ook oor die lang termyn, duisende werksgeleenthede in die land kan skep. President Cyril Ramaphosa het verlede week tydens sy staatsrede gesê verskeie nuwe groenkrag-opwekkingsprojekte sal oor die volgende paar jaar aanlyn kom. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt …