Net Cyril kan my afdank, of nie – Cele

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, sê President Cyril Ramaphosa moet besluit of hy afgedank word of nie ná die bekendmaking van die verslag oor die onluste in Julie. Die verslag kom tot die gevolgtrekking dat die regering se aanvanklike hantering van die oproer in KwaZulu-Natal en Gauteng onbeholpe was en die polisie se operasionele beplanning power. Ramaphosa het in sy staatsrede gesê die Kabinet aanvaar verantwoordelikheid vir die oproer. Cele sê daar was ses bestuursposte vakant tydens die onrus en dit het misdaadintelligensie verswak: