Invloei na Hardap word fyn gemonitor

Die Hardapdam se sluise is gisteraand om nege-uur toegetrek. Die dam het teen daardie tyd op 69,7 persent van kapasiteit gestaan. Die Mariental-munisipaliteit het die sluise in fases toegetrek maar het inwoners gemaan dat met verdere neerslae kan die stand van sake vinnig verander. Teen half-12 Woensdagoggend is invloei van 106 kubieke meter per sekonde aangeteken. Reën is weer vandag in die sentrale en westelike dele van die land voorspel.