LPM waarsku Swapo oor sy hoofkantoor

Na aanleiding van kritiek teenoor Swapo oor sy luukse hoofkantoor wat hy oorkant die vervalle Katutura-hospitaal bou het Sophia Shaningwa, sekretaris-generaal van die party, gesê die nuutgeboude Swapo-hoofkwartier sal nie in ‘n hospitaal omskep word nie, aangesien dit nie kan voorsiening maak vir operasies en mediese versoeke wat dokters mag benodig nie. Sy sê die party het genoeg grond beskikbaar om ’n hospitaal te bou.

Henny Seibeb een van die LPM leiers het hierop gereageer deur te sê Shaningwa is besig met propaganda…