Ramaphosa moet beleid oor plaaslike suiker afdwing
Die Suid-Afrikaanse Suikerriet-vereniging doen ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa om die regering se verbintenis tot die meesterplan van die Suid-Afrikaanse Suikerriet-waardeketting af te dwing. Dit vra kleinhandelaars en vervaardigers om 80 persent van hul suiker plaaslik aan te koop. Die voorsitter van die vereniging, Andrew Russell, sê die regering behoort die gebruik van plaaslike suiker onder sy departemente en staatsinstellings te bevorder: