Erdogan waarsku Biden

Die Turkse President, Tayyip Erdogan, het sy Amerikaanse eweknie, Joe Biden, aangespoor om vinnig sy verklaring terug te trek dat die slagting van Armeniërs in die Ottomaanse Ryk in 1915 volksmoord was. Nuusagentskappe berig dat Biden se geskiedkundige verklaring oor die volksmoord sy NAVO-bondgenoot woedend gemaak het. Erdogan sê Biden kan nie die Turkse volk van volksmoord beskuldig nie en sy opmerkings oor die hartseer gebeure is ongegrond, onregverdig en onwaar. Hy het ‘n beroep op Turkse en Armeense geskiedkundiges gedoen om ‘n gesamentlike kommissie te stig en die gebeure te ondersoek.