Nigerië laat vaar beëindiging van duur brandstof-subsidieprogram

Die regering in Nigerië het planne om sy duur brandstof-subsidieprogram te beëindig, laat vaar. Die regering sê dit is een jaar voor die presidensiële verkiesing en die tyd is nie reg nie. Nigerië wou die subsidie verwyder weens druk oor sy begroting. Dit kos die regering jaarliks miljarde dollar om die brandstofkoste kunsmatig laer as die markprys te hou. Vir baie Nigeriërs is goedkoop brandstof een van die min tasbare voordele wat hulle kry uit die land se olie-rykdom. ‘n Liter brandstof kos tans ‘n gemiddeld van net oor die ses Namibiese dollar.