Spoorlyn tussen Aus en Keetmanshoop is weer oop ná ontsporing

Die spoorlyn tussen Aus en Keetmanshoop is weer oop, volgens die woordvoerder van TransNamib, Abigail Raubenheimer. Die spoorlyn was nie operasioneel nie weens die ontsporing van ‘n TransNamib-goederetrein die naweek tussen Aus en Keetmanshoop. TransNamib het meer as 195 ongelukke die afgelope vier jaar gehad weens swak spoorlyn-infrastruktuur.