Personeel pleit by minister

Krieket: Die personeel van Krieket Suid-Afrika het aan die buurland se minister van Sport, Nathi Mthethwa, geskryf om te pleit vir die heroorweging van sy besluit om die sportliggaam amptelik van sy nasionale erkenning en gesag te stroop. In ‘n brief spreek hulle hul kommer uit oor hulle voortbestaan wat ernstig in gedrang is en dat die minister se besluit hul families se toekoms nadelig raak. Hulle pleit verder vir die tussentydse raad en raadslede om ‘n vreedsame oplossing te vind vir die herstruktureringsproses omdat die sport se beeld skade lei.