Kameroen vat eerste Afcon-wedstryd

Kameroen se kaptein, Vincent Aboubakar, het albei sy span se doele met strafskoppe aangeteken toe die gashere ‘n agterstand uitgewis het om Burkina Faso met 2-1 te klop in die openingswedstryd van die Afrikanasiesbekertoernooi in Yaoundé. Burkina Faso het vroeg voorgeloop in die Groep A-wedstryd op die Olembe-stadion. Die Suid-Afrikaanse entrepreneur en president van die Konfederasie van Afrika-sokker, Patrice Motsepe, het by die openingseremonie woorde van bemoediging gehad vir die spelers en organiseerders: