Namsip: so staan sake nou

Verlede jaar het die Namibiese Ministerie van Landbou se landbou meganisering en saad verbetering projek, bekend as Namsip boere in die Otjozondjupa-streek opgelei en bygestaan in ‘n saad vermenigvuldiging projek. Die projek is gedeeltelik befonds deur die Afrika Ontwikkelingsbank. Die ministerie se Direkteur van Landbou Navorsing en Ontwikkeling, Johanna Andowa het die jongste in die verband met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.