1 041 Nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig

Die Namibiese gesondheidsministerie het 1 041 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig. Windhoek het 608, Walvisbaai 90, Swakopmund 76, Usakos 38, Otjiwarongo 36, Okahandja 32 en Oshakati 17. Die res kom landwyd voor. Daar is 2 793 aktiewe gevalle uit ‘n kumulatiewe totaal van 132 230. Die totale sterftesyfer is tans 3 577.