Ontvoerings in SA het met 60% gestyg

‘n Misdaadverslag dui aan ontvoerings in Suid-Afrika het vanjaar met 60 persent gestyg. Die situasie word vererger deur bewerings dat die polisie en private veiligheidsmaatskappye betrokke is. Die demografie sluit ryk en arm in en ten minste 50 miljoen rand is in lospryse geëis. Na wat berig word, werk ‘n internasionale netwerk saam met korrupte polisiebeamptes. Die SAPD het ‘n eenheid op die been gebring wat uitsluitlik op die onlangse vlaag ontvoerings konsentreer. ‘n Volledige verslag is aan die nasionale kommissaris van polisie, Khehla Sitole, oorhandig.