KwaZulu-Natal betree amptelik vierde Covid-vlaag

Die premier van KwaZulu-Natal, Sihle Zikalala, sê die provinsie het nou amptelik die Covid-19 vierde vlaag betree. Hy sê die afgelope sewe dae het die aantal daaglikse gevalle teen ‘n kommerwekkende tempo toegeneem. Die provinsie registreer sedert 26 November reeds meer as 100 gevalle per dag. Zikalala sê planne is in plek om die verdere verspreiding van Covid-infeksies te beperk, insluitend die bekendstelling van ‘n feesseisoenplan wat op alle byeenkomste gemik is.